Wednesday, May 5, 2010

The seasons:

To summer:

O, all the warmth and joy you brought me,

your hands of energy,

slowly caressing my skin.

O, How we frolicked in the ecstasy left behind by spring.


Yet at night, I could not sleep.

This might come as a shock,

But a blissful spark, does not always

Turn into a raging flame.


To autumn:

Although my time with you was but brief.

I knew, we knew

Change was but

A falling leaf.


Stripped-naked: Our love was raw.

O, you knew my pain from before.

Passively working day and night,

You prepared me for a lovers fight


A rebound, I see.

You were but

only a good Friend to me.


Dearest Winter:

I felt the first breath of winter on my skin today,

As I bid a friend on her way.


O, How I have missed you,

My Delilah!

I still remember the first time we met:

On a cold winters morning, the frost on the grass had already set.

The ice was broken as I took my first breath, The sun had not risen,

I was told the rooster met death.


O, I wonder why we had to part,

I loved you, Winter

From the very start.

By James Honiball

James Honiball© 2010

Monday, May 3, 2010

Die Hell is 'n koue plek.

Die Hell, is 'n koue plek, my vriend.
'n Plek, van ewige bibber bitterheid.
Knêrsende Tande; Koue Harte.

Die Hell, is 'n koue plek, my maat.
'n Plek, van rillende Hartseer.
Traanvolle oë; Verfreemding.

Die Hell, is 'n koue plek, broer en suster.
'n plek van ewige distansieering.
Die nimmer einde duisternis,
van smart,
van verlange.

Ek sê jou!
Die Hell
is 'n
koue
Plek.

Deur: James Honiball
JamesHoniball©2010

Hoor jy dit ook?

Hoor jy dit ook?
Die stilte
van die nag.
Wanneer die wêreld
tot rus kom.

Voel jy dit ook?
Die koelte
van die wind
deur die venster.
Wanneer jy kalmte weereens vind.

Wat dink jy aan?
Wanneer jy een
van die min
is
wat nog nie slaap nie.

Wat hoor jy,
wanneer die krieke bedaar?

Wat voel jy?
Wanneer die venster
toe
is?

Deur James Honiball
JamesHoniball©2010

Die dae voor Woensdag:

Ek vee my oë uit:
Dis Woensdag!

Wat het van al die dae geword?
Die dae voor woensdag.
Het ek geslaap?

Was ek hier of
was ek daar?
24 uur 'n dag
en skaars 'n uur
daarvan
kan
ek
onthou.

Daars nie genoeg tyd oor nie.
Ek verlang nou
terug, na die
dae voor Woensdag.

Deur James Honiball
JamesHoniball©2010

Bang?

Voel jy ook bang?
Bang vir die duisternis,
binne jouself?

'n vrees dat dit eendag,
jou sal oorneem.

Bang vir die stilte,
wanneer
alle
gevoel
weg is?

'n vrees dat jy
nooit
weer,
geluk sal vind nie.

Bang vir die geraas,
van besige gedagtes?
'n vrees aangebring deur
die gewete
van 'n geroutineerde lewe.

Ek voel bang,
dat
ek
nimmer weer myself
sal vind.

Tussen die Duisternis, die Stilte, die Geraas,

Die BANGHEID.

Deur James Honiball
JamesHoniball©2010

Dankie Sors (Boetie)

Ek dink weereens terug aan die dae
toe ons
op die treinspoor gewandel het:

Deur Tonnels, tussen die berge
van die wildernis en die see.
Toe ons mossels op die klippe
gesoek het.

Ek dink terug aan ons vroeë jeug,
toe ons teen die nat mure,
ons lywe vas
gedruk het,
terwyl die Outinikwa verby
gery het:

Ons het vir elke verby-ganger
gegroet.
Ek verlang terug
toe ons skelm
gerook het:
op die rotse,
terwyl ons
visgevang het:
met tennisballe.

Ek verlang terug na die reuk:
van die strandhuis,
die grond,
die lug
en
Die See.

Ek kyk terug na
daai tyd toe en
ek besef ek
was gelukkig.

Dankie Sors vir al die goeie
herinneringe!

Aan: George Honiball

Deur: James Honiball
JamesHoniball©2010

Verlange

Deur die venster van dié blou bus,
'n silhouette, 'n neon groen boom.
Op voor-grond van
Grys.
Kaapse-reën, gedagtes van verwisselende
gevoelings.

Tussen my
Longe.
Tussen
Johannesburg en die Kaap,
in die middel van studies
en familie,

Vind ek my smart, vind ek ook die
bittersoetbessie;
dagbreek:

Die gevoel van neutraliteit,
die gedagte, soms;gedurig:
verlang ek om Kaalvoet oppi
bruin grond met groen gras
te baljaar
op die plaas
net te wees.

Verwisselend verplasing van
gevoelings en my
eie idee van realiteit.

Deur: James Honiball
JamesHoniball©2010

My stukkie Papier:

So veel om te doen...
So min tyd,
Sit ek hier
en skryf
my
hart op dié
stukkie Papier
uit.

Daar sit 'n duif en pik:
aan stukkie
chip,
sekerlik
iets
wat iemand
vergeet het.

Sekerlik,
nes soos dié stukkie papier.

Deur: James Honiball
JamesHoniballé©2010