Bang vir die duisternis,
binne jouself?
'n vrees dat dit eendag,
jou sal oorneem.
Bang vir die stilte,
wanneer
alle
gevoel
weg is?
'n vrees dat jy
nooit
weer,
geluk sal vind nie.
Bang vir die geraas,
van besige gedagtes?
'n vrees aangebring deur
die gewete
van 'n geroutineerde lewe.
Ek voel bang,
dat
ek
nimmer weer myself
sal vind.
Tussen die Duisternis, die Stilte, die Geraas,
Die BANGHEID.
Deur James Honiball
JamesHoniball©2010
No comments:
Post a Comment