Thursday, July 8, 2010

Hoe kan ek?

Hoe kon ek vergeet:
Wanneer jou glimlag, die koue van my af gesmelt het?
(Dik ys van afstand)
Toe jy my vir die eerste keer in gelaat het?
(En my toegelaat het om jou hande vas te hou)

Hoe sou ek vergeet:
Die dag toe jy, saam met my gesing het?
(Wanneer niemand wou sing nie)
'n warm herrinering vir my gelos het?
(Wat ek kort kort na terug verlang het)

Hoe kan ek jou vergeet:
Wanneer jy my as jou vriend, terug in jou lewe verwelkom ?
(Wanneer almal anders, my vergeet het)

Ek kan nie, ek sal nooit Jou vergeet nie.
Want ek ken jou nou mos.

Deur James Honiball
JamesHoniball©2010



1 comment: