Thursday, August 26, 2010

'n Oproep Huistoe

Op 'n tyd, nie so lank gelede:

Het ek koers gevat, na die rigting

waar al ons koue fronte van daan kom.

Waar die water massa oorkant die berg,

nie die Hartebeespoortdam is nie, maar

die see.


Waar in die winter die grass werklik groen is,

en nie net brand nie. 'n plek waar ek gehoop het,

om my ewige dissatisfaksie met die lewe te kon verloor.

En 'n droom in die Suid-Westerse wind te jaag.


Die droom is verplaas met realiteit. Die gras is groener hier,

as by die huis. Die sonskyn is plesierig, en sny nie soos lemme

deur my vel nie. Die bier is op vrydae goedkoop en die meisies mooi.


Die waarheid is:

Ek sien skaars die see, al bly ek so naby aan dit.

Net in die oggende op die bus en in die middae terug.

Die arktiese see waters maak ook nie vir 'n gelukkige swem nie.

Die mense, is almal hoogs intellektueel, vervelig.

Hul is al so ver afgewater, dat hul nie eers 'n egte-gevoel kan erken nie.


Om elke aand jou eie kos te maak en dit te eet,

is nogal kak (2 minute noodles raak oud).

Daars defnitief meer bedelaars hier as daar,

glo my hulle is erger as die wat by ons robote staan.

Ek was juis nou-die-dag amper deur 'n mes gesteek

(Ek't myself daaruit gepraat....Sjoe! Eks lief vir woorde).


Die waarheid van die saak is dat:

Al is die Kaap alles wat ek gehoop het dit sou wees.

Al is winter meer verdraagsaam en minder depressing as daarbo.

Al wat ek eintlik het is julle, My familie.

En ek sal die Kaap enige tyd net vir julle opgee.


Deur James Honiball

JamesHoniball©2010

No comments:

Post a Comment