Vir die eerste keer in 'n lang tyd.
Kan ek verby alles loop,
wat my voorheen ongemaklik gemaak het.
Mense in hul karre, groepe mense wat lag,
oë agter donker brille en wat jy dink.
Ek het oorheers,
die twyfeling oor my menswees,
is verby. Ek is.
Ek is vir die eerste keer,
in 'n baie lang tyd,
in harmonie met alles.
Dalk moet ek die wêreld,
nie daarvan sê nie. Maar ek gee,
nie om wat jy oor my sê nie.
Vir die eerste oomblik,
in my kort maar kragtige lewe.
Het ek besef dat alles wat pla,
wat krap en my afpiss.
Is tot niet.
Want ek is....
(Dalk moet ek jou nie sê nie)
ek is..
Jy is.
Ons is NET Mens.
Deur James Honiball
No comments:
Post a Comment