Friday, April 6, 2012

Tradisie

Teen die 'norm' was ek as kind,
jou gedigte belees:

'n mengsel van passie, kwaad, hormone, menswees/
vrees
het in my ontwaak en op 'n ander nag,
het die jong 
wille bloed binne my
gaan slaap.

Soggens breek my oe nie meer oop,
as kind nie,
en soms vind ek myself in 'n suidwesterse wind,
langs die plek:
Waar jy 'n laastemal
ingeloop het.

Dalk uit my eie seer-kwaad,
soek ek net raad,
om in die selde plek 
te wees, waar jy jou
laaste symphonie 
gedig het.



Deur James Honiball

No comments:

Post a Comment