Monday, June 28, 2010

Ek loop verby

Ek loop verby,
jou en alles wat ek vrees.

Ek't stil geword, terug-getrokke.
Eks nie meer honger vir hul geselskap nie:
Die eindeloose gebrom van lippe wat klap.
Ek kan nie meer maak asof ek luister nie,
ek doen nie. Eks net eerlik.

Hoekom moet ek luister?
Watter veryking lei daarin vir my:
wat jy op 'n daaglikse basis oor mommple?

En ek verwag ook nie dat jy na
my moet luister nie:
Moet dan nie my energie mors met jou
kak praatery nie.

Want of jy nou daarvan hou of nie.
EK LOOP VERBY, maar tog kom ek terug.
Want dit word van my verwag.

Deur:
James Honiball
JamesHoniball©2010


No comments:

Post a Comment