Friday, June 4, 2010

Kaalvoet.

Ja-nee.
Ek dink dit is tyd,
om los te breek,
weg te breek:
van alles, wat my terug hou.
Ek trek bietjie my skoene uit,
en skryf kaalvoet.

Ja nee wat
dis mos lekker
om loste breek vanni
skoen fleeeeters wat te
stuif getrek word.
Ma't altyd gese dis sleg
virri bloed sirkulasie
nes die feit dat mens
nie op 'n tafel moet sit nie
nie as almal eet nie.

maar eks gatvol jong,
gatvol vir die kommas en reels
wat iemand sommer opgemaak het
toe hy hoog was.
"Beperkings, is nie 'n slegte ding nie,
hoe sou die wereld nou gewees het as
almal gedoen het wat hul wou?" se die
geleerde.

My fok man word wakker!
In watter wereld leef jy?
Hul doen in elkgeval wat-de-fok
hul will. Jou armpe reeltjies gan mos
nou hul nie bang maak nie.
Ons is mos vry gebore, nie waar nie?

Sjoe! My voete kry nou lekker koud en
die klippe maak my sagte-voetvel seer.
Jy mag hierdie keer gewen het,
maar hoor my woorde: ek gan nog
die skoene brand.

James Honiball



No comments:

Post a Comment