Dié oggend; elke oggend:
Hier sit ek en my siel vind
alweer nie rus nie.
Ek't juis gisteraand net
2 ure geslaap.
6 Minute oor 1
As dit nie die Stilte is nie;
dans dit die irriteerende klank
van daai klok teen die muur:
Wat elke donnerse sekond aftel:
wat ek nie slaap nie.
8 Minute oor 1
Eers dink ek: dis te donker.
(sit ek die tv an en die klank af)
Want mens kan mos nie met 'n lig
an slaap nie. Dis blykbaar sleg vir jou.
My FOK ek will net slaap!
Tv af.
9 Minute oor 1
Dalks ek honger of dors.
Geriddeneer, nou lê ek.
As ek nou uit die bed klim,
gan ek nooit slaap nie-- Wag
my been jeuk.
13 Minute oor 1
Rol,Rol, Krap, Krap
Lê hier, Lê Daar.
Lê op daardie kant,
Lê op hierdie kant,
(ek kan mos ek bly alleen)
My oor jeuk
en my regter
neusgat is bietjie toe.
14 Minute oor 1
Ek will nie slaap-pille vat nie,
dis mos ook sleg vir jou.
Ek dink nie ek vertrou myself
genoeg nie.
My fokken ken jeuk!
15 Minute oor 1
Drink my cup of soup,
Ek't skoon vergeet, dat ek
dit gemaak het: Dis nog warm.
Hul sê mos as jou maag vol is gan
jou oë toe.
16 Minute oor 1
Nou wie is hul eintlik,
waar is die mense wat Mos sê?
(Hoe om te slaap) Hulle is
mos almal aan die slaap, terwyl ek
Waa-weid-Wakker op my bed sit,
poep en dié kak skryf en
dus jou van jou slaap ontneem.
19 Minute oor 1 ...
James Honiball
No comments:
Post a Comment